Bewaring

Olienhout Bewusmaking & Bewarings Projek

Die Vredefortkoepel by Parys, word tans as die grootste en oudste sigbare impak-struktuur van die aarde se 175 bekende impakkraters beskou. Dit is hier waar ons ook een van die grootste konsentrasies van natuurlike olienhout kry.
Daarom maak dit die koepel en nabye omgewing 'n belangrike area vir bewaring en asook die rede vir die Olienhout-tak se naam en kenteken.

Olienhout (Olea europaea subspesie cuspidata) - deel van die Oleaceae famielie - is 'n boom wat wydverspreid in Suid-Afrika voorkom. Dit is 'n middelgroot boom en word tot 18 m hoog. Die blare is enkelvoudig en teenoorstaande en is glansend groen aan die bokant en silwerig, goud of bruin aan die onderkant. Die vrugte word tot 10 mm lank en word swart wanneer ryp. Hulle is eetbaar maar bitter. Die boom is gehard en groei goed in droë gebiede en het min water nodig.

Die Olienhout-tak beoog om die publiek en natuur liefhebbers te betrek en meer kennis oor te dra oor die olienhout en die koepel deur middel van inligtingsdae en werkswinkels.

Olienhoutboom

Tak Aktiwiteite

  • Tak Skietaktiwiteite

    Skietdae vind gewoonlik plaas as volg:Handwapens elke tweede (2de) Dinsdag van gelyke maande.Jagwapens elke tweede (2de) Saterdag van ongelyke maande.Met Read More
  • Ledevergaderings

    Op hierdie stadium word geen lede-aande aangebied nie, maar alle lede is welkom om die bestuursvergaderings by te woon watby Read More
  • Opleiding

    Alle opleiding in die tak word deur die Opleidingsbeamptes aangebied, en datums en tye word persoonlik met die betrokke beamptes Read More
  • Bewaring

    Olienhout Bewusmaking & Bewarings Projek Die Vredefortkoepel by Parys, word tans as die grootste en oudste sigbare impak-struktuur van die Read More
  • 1

We have 66 guests and no members online